Latest news

SLAAN H2S KARAKTER HOK DEUR LALVIN SENSY TE GEBRUIK

Na die uitstekende resultate en goeie sukses wat gedurende die 2015 pars seisoen met ICV OKAYTM gisras behaal is, is Lallemand trots op die bekendstelling van LALVIN SENSYTM, nog ʼn nuwe en natuurlik geselekteerde gisras deur die sg. QTL metode.  Hierdie nuwe generasie van lae-H2S-produserende gisrasse open nuwe deure vir die bereiding van onder andere witwyne ten einde hul maksimum potensiaal van vrug uitdrukking te wys.

 

H2S is ‘n uiters negatiewe aroma komponent in wyne en die teenwoordigheid daarvan kan die goeie vrug potensiaal van ʼn wyn onderdruk en gevolglik wyne van onaanvaarbare kwaliteit lewer.  Met die nuwe lae-H2S-produserende eienskap van LALVIN SENSYTM kan die volle vrug potensiaal van ʼn witwyn na vore gebring word.

 

Dit is al aangedui dat wyngiste, selfs die wat spesifiek geselekteer is of van die natuurlike populasie giste in mos wel H2S in verskillende konsentrasies kan produseer. Dit kan gebeur, spesifiek onder beperkende toestande wat bv. insluit mos met ʼn baie lae stikstofinhoud.  Die nuwe LALVIN SENSYTM sal skaars enige H2S produseer en in baie gevalle geen H2S.  Selfs ook onder baie beperkende toestande soos in mos met ʼn baie lae turbiditeit tesame met ʼn baie lae stikstofinhoud.  Hierdie gisras sal voortgaan om ʼn probleemvrye fermentasie te lewer terwyl dit goeie uitdrukking van vruggeure en aromas by witwyne sal ondersteun. LALVIN SENSYTM sal wyne produseer met ʼn meer oop karakter sonder reduktiewe ondertone.

 

Gebruik LALVIN SENSYTM teen die aanbevole dosis van 30 g/hl.  Die gebruik van Lallemand se Go-Ferm Protect® tydens rehidrasie, asook Fermaid K as komplekse voedingstof gedurende fermentasie kan oorweeg word.

 

Kontak: Lallemand Suid-Afrika – Piet Loubser – tel:  021 913 7555, e-pos: ploubser@lallemand.com