Latest news

Lallemand Suid-Afrika evalueer pasgemaakte voedingstowwe vir rooiwyne

Lallemand Suid-Afrika, in samewerking met verskeie kelders, het die pas afgelope oes verskeie eksperimente gedoen ten einde spesifieke voedingstowwe wat vir rooiwyne ontwikkel is, te evalueer.  Uitstaande resultate is behaal.  Hierdie navorsingswerk volg kort op die suksesse wat reeds met die Stimula Sauvignon BlancTM en Stimula ChardonnayTM voedingstowwe behaal is.  Sien aangehegte foto waar Michael Langenhoven van La Motte en Edouard Lordat van Lallemand Frankryk van die wyne evalueer.